​Drie Suid-Afrikaanse “houerhuise”

Johannes van Graan Johannes van Graan
homify Будинки
Loading admin actions …

Die gewildheid van huise wat uit skeepsvraghouers gebou word groei taamlik vinnig, en nie net oorsee nie. Hier in Suid-Afrika begin al hoe meer mense besef hoe bekostigbaar dié soort ontwerpe kan wees, asook hoe maklik “houerhuise” kan aanpas by enige klimaat, styl, grootte, ens. 

Indien jy nog onder die indruk is dat houerhuise geensins opgestyl kan word nie, is vandag se artikel beslis op jou gemik. Kyk net hoe eenvoudige byvoegings (die nodige kleure, teksture en ander elemente) hierdie ou skeepsvraghouers verander in super moderne ontwerpe…

1. ‘n Kontrasterende styl

homify Будинки

Ons is mal oor die moderne/minimalistiese styl wat kontrasteer met die rustieke landskap! En kan jy enige tekens van ‘n ou skeepsvraghouer iewers sien?

Pragtige uitsig

homify Офіс

Danksy die tamaai groot vensters en glasdeure, spoel daardie lieflike uitsig (asook vars lug en sonlig) na binne.

2. ‘n Groter ontwerp

homify Будинки

Wat skeepsvraghouer-strukture nog meer indrukwekkend maak is die feit dat hulle nie alleenstaande ontwerpe hoef te wees nie. Hierdie een is aan ‘n bestaande huisie gevoeg om meer spasie (en styl) te verseker.

‘n Kykie na binne

homify Будинки

‘n Oopplan uitleg met glasdeure wat oopmaak op ‘n stoepie, perfek vir ‘n paar stoele waar jy op jou gemak kan sit en jou uitsig kan geniet!

Die ander dek

homify Будинки

Die stoep/dek aan die ander kant is beslis groter – ideaal vir ‘n eetstel. Of wat sal jy verkies om hier te hê?

3. Kontemporêre kreatiwiteit

homify Будинки

Gepraat van stoepe, hierdie een spog met ‘n indrukwekkende afdak wat genoeg koelte versker vir ons warm Suid-Afrikaanse son.

Die planne

homify

En net indien jy dink dat daar nie genoeg spasie/vertrekke aan die binnekant kan wees nie, voel vry om na die argitekte se planne te kyk.

Volgende op ons lys: 6 stylvolle voorbeelde van skeepsvraghouer huise.

Потрібна допомога з проектом оселi?
Зв'язатися!

Останні статті