Daar is tuine en dan is daar tuine – ons bedoel natuurlik dat nie all tuine eenders is nie, en dit het grootliks te doen met die feit dat nie almal ewe veel moeite wil doen wanneer dit by die buitenste spasies van hul huise kom nie. Groot fout!
Maar vandag hoop ons om daardie probleem te help oplos met hierdie 15 voorbeelde wat wys hoe jy ietsie anders in jou tuin kan doen sodat dit bietjie meer aandag trek. Idees sluit in ongewone plante (al ooit gewonder hoe ‘n paar vetplante / kaktusse in jou tuin gaan lyk?), skitterende beligting, ‘n nuwe voetpaadjie, ‘n fontuin, tuinstelle vir ontspanning, ens.