​Die klein huis wat propvol styl is

Johannes van Graan Johannes van Graan
monolocale funzionale e piccolissimo, studio ferlazzo natoli studio ferlazzo natoli Вітальня
Loading admin actions …

Hier op homify word dit weer en weer bewys dat mens nie baie spasie kort om baie styl te geniet nie, hetsy dit nou ‘n moderne sitkamer, ‘n Mediterreense kombuis , of sommer ‘n hele woonstel/huis is. En vandag se homify 360° is geen uitsondering.

Kyk net hoe slim word daar gewerk met spasie in hierdie twee-vertrek huisie!

Van buite gesien

monolocale funzionale e piccolissimo, studio ferlazzo natoli studio ferlazzo natoli Коридор

Sagte neutrale kleure word aan die buitekant gebruik – ‘n baie bekende metode om iets groter en skoner te laat lyk. En die kreatiewe afwerkings en toevoegings (soos die voordeur se traliewerk en die klein potplantjie in die venster) is tog te fraai.

​‘n Ligte styl

monolocale funzionale e piccolissimo, studio ferlazzo natoli studio ferlazzo natoli Вітальня

Die neutrale kleure hou aan om hul skone styl uit te beeld aan die binnekant, waar bykans die hele vertrek in ‘n sagte wit omvou is. En aangesien die spasie maar min is, moes daar slim gewerk word met meubels en stoorplekkies.

​Die slaapplek

monolocale funzionale e piccolissimo, studio ferlazzo natoli studio ferlazzo natoli Спальня

‘n Dubbelbed is in die oopplan vertrek se hoek geskuif, waar ons ‘n tikkie patroon en kleur sien – ‘n wit bed in ‘n wit kamer sou net te veel gewees het! 

En kyk net hoe help die beligting om die vertrek sagter te laat lyk.

Kom ons beloer nog so paar foto’s van hierdie klein spasie se super styl.

monolocale funzionale e piccolissimo, studio ferlazzo natoli studio ferlazzo natoli Вітальня

monolocale funzionale e piccolissimo, studio ferlazzo natoli studio ferlazzo natoli Кухня

Потрібна допомога з проектом оселi?
Зв'язатися!

Останні статті