​Die oulikste somershuisie ooit!

Johannes van Graan Johannes van Graan
PROJEKT DOMU LILA ECONOMIC , Pracownia Projektowa ARCHIPELAG Pracownia Projektowa ARCHIPELAG Будинки
Loading admin actions …

Wat bedoel ons met “somershuisie”? Nie noodwendig dat vandag se homify 360° stukkie nét in die somer gebruik kan word nie, maar dat dit beslis die perfekte vakansiehuisie (dalk iewers in ‘n woud of die berge) kan maak.

Die argitekte by Design Workshop Archipelago is verantwoordelik vir hierdie oorspronklike en oulike ontwerp, so kom ons beloer dit van naderby…

Perfek vir ontspanning

Sien jy hoekom hierdie so oulik kan wees vir ‘n naweek of vakansie? Daardie agterstoep, pragtig uitgerus met ‘n onderdak eetplekkie, asook genoeg spasie vir twee lieflike “loungers” om die natuurskoon rustig te bewonder.

Die voorkant

Die voorkant, alhoewel dit nie so oop soos die agterkant is nie, is ook te fraai met sy ligte neutrale kleure, houtafwerkings en netjiese tuintjie.

Pragtig en helder

Sodra dit begin donker word, begin die huis briljant ophelder vanaf die binnekant, met ‘n warm gloei wat uitstraal en selfs die buitenste stoepie soveel meer bekoorlik maak.

Kan jy jouself sien staan langs ‘n braaivleisvuurtjie op daardie stoepie?

Moderne styl

Alhoewel ons ongelukkig geen foto’s van die huis se binnekant het nie, kan ons net raai dat dit so stylvol en modern soos die buitekant is – die bietjie van die kunswerke wat ons deur die vensters kan uitmaak is klaar genoeg om ons te oortuig. 

Stel jou net voor jy maak daardie glasdeur oop vir ‘n vars briesie en ontspan rustig by die klein eettafel op die stoep terwyl die wêreld se bekommernisse net wegspoel – dís mos die doel van enige vakansiehuis! 

En gepraat van mooi, het jy al Die pragtigste huis in die Kaap gesien?

Потрібна допомога з проектом оселi?
Зв'язатися!

Останні статті