​Voor en na: pasgetroudes verander hul huis

Johannes van Graan Johannes van Graan
homify Вітальня
Loading admin actions …

Vandag se homify ‘voor en na’ ontdekking neem ons na Suid-Korea, waar ‘n pasgetroude paartjie besluit het ‘n opknappingsprojek is die perfekte ding om saam aan te pak. En die spasie waarop hulle besluit het? Hul nuwe huis, natuurlik! 

Blykbaar is hierdie ‘n algemene ding in Korea, waar paartjies eerder ‘n ou huis sal koop en herstel in plaas van om meer geld te spandeer op ‘n nuwe (en duurder) een. 

Kom ons kyk ‘n bietjie hoe hierdie 50 m² woning in iets mooier verander het, danksy die professionele mense by Common Ground.

Voor: Die kombuis

скандинавський by homify, Скандинавський

Hierdie is nou regtigwaar nie iets waarmee ons sal spog nie, en ons kan definitief sien hoekom daar op ‘n opknapping besluit is! 

Ou kombuiskaste, verouderde beligting en muurteëls wat skreeu vir ‘n moderne optowering – die enigste element hierso wat dalk kan werk is die houtvloere.

Na: Die kombuis

homify Вітальня

Oop, skoon, modern en stylvol – nes hoe ons ons kombuise verkies! 

Die bouers het die ou kombuis heeltemal oopgemaak sodat dit met die oopplan sitkamer kan saamspeel, en in die proses die styl ook bietjie opgetower met Skandinawiese afwerkings.

Van naderby beskou

homify Їдальня

Dié foto van die anderkant van die kombuis wys vir ons beter hoe die U-vorm uitleg werk, en hoe daardie toonbank die kombuis se werkspasie skei van die eetarea, asook die sitkamer. 

En wat dink jy van daardie grysblou kleure gemeng met die wit en room van die kaste en mure?

Lekker ruim

homify Спальня

Van die kombuis af, kan ons die oopplan area bekyk en sien hoe als lekker saamwerk. ‘n Drie-sitplek rusbank en TV anker die sitkamer, terwyl moderne beligting die nodige glans aan die hele vertrek verskaf. 

Maar hoe het hierdie deel van die vertrek voorheen gelyk?

Voor: Die ou balkon

скандинавський by homify, Скандинавський

Heel gehawend, blykbaar! Die muur/hoek reg oorkant die kombuis was eers ‘n skuifdeur wat oopgemaak het op ‘n toe balkon (as mens dit nou so iets kan noem) met vensters.

Ons verstaan glad nie hoe hierdie spasie ooit gebruik kon word nie!

Na: ‘n Netjiese werkshoekie

homify Офіс

Gelukkig het die opknapping hierdie area nie net mooier gemaak nie, maar ook meer prakties – kyk net watse oulike werkshoekie is dit vandag! 

Vir nog ‘oordoen inspirasie’, loer bietjie na ‘n Johannesburg huis se opknapping.

Потрібна допомога з проектом оселi?
Зв'язатися!

Останні статті