​9 Suid-Afrikaanse kombuise om na te boots

Johannes van Graan Johannes van Graan
homify Кухня
Loading admin actions …

Beplan jy om jou kombuis ‘n nuwe look te gee, of is jy maar net lus om na pragtige foto’s van ander mense se kombuise te kyk? Hierdie 9 voorbeelde is propvol idees in terme van kleure, uitlegte en patrone, en die beste van alles is dat geen twee kombuise dieselfde styl het nie – wat beteken hier is nou regtig ietsie vir almal!

1. So sjiek

Extentions and Renovations, DG Construction DG Construction Кухня

Slank, stylvol en minimalisties – nou nie almal se smaak nie, maar definitief ‘n ontwerp wat aanklank sal vind by sommige.

2. Iets meer luuks

House Naidoo, Redesign Interiors Redesign Interiors Кухня

Die stylvolle afwerkings en dekadente beligting maak hierdie kombuis beslis‘n gunsteling vir baie.

3. ‘n Eklektiese styl

House B - House Design , Redesign Interiors Redesign Interiors Кухня

Niemand sê jy mag nie prettige dekor byvoeg om jou kombuis so uniek soos jy te maak nie!

4. Fokus op kleur

LC Interiors, Capital Kitchens cc Capital Kitchens cc Кухня

Ons is altyd in vir ‘n neutrale kleurskema, maar verstaan ook die belangrikheid van kleur, soos hierdie helderrooi tafel.

5. Sit in styl

Kitchens, Life Design Life Design Кухня

‘n Eiland met lekker gemaklike stoele is altyd ‘n wenner, aangesien dit stylvol én prakties is.

6. Heerlike stoorplek

homify Кухня

Mens se kombuis is tog ‘n werksplek; dus, moenie van kaste en laaie vergeet wat lekker baie stoorplek tot jou spasie kan voeg nie.

7. Donker en dramaties

Modern Farmhouse - Silverlakes Nature Reserve, Karel Keuler Architects Karel Keuler Architects Кухня

Vir ‘n tikkie geheimsinnigheid, stel ons donker kleure voor, soos hierdie kaste en beligting bewys.

8. Wat van rustiek?

House Serfontein, Muse Architects Muse Architects Кухня

Shabby chic gaan definitief altyd in die mode wees; dus sal ons altyd stem vir ‘n huislike, rustieke voorkoms.

9. Die wonder van hout

Beach Front House, JSD Interiors JSD Interiors Вбудовані кухні

Hout is nou maar een maal ‘n betroubare materiaal, aangesien dit so lekker veelsydig is in terme van kleur, tekstuur en styl. Hierdie hout eiland is ‘n droom wat sjarmant én prakties is! 

Vir nog meer voorbeelde, loer bietjie na hierdie 36 foto’s van kombuise om jou te inspireer.

Потрібна допомога з проектом оселi?
Зв'язатися!

Останні статті