​Jou eie swembad in ‘n paar stappe

Johannes van Graan Johannes van Graan
Einbau eines Stahlwandpools, Hesselbach GmbH Hesselbach GmbH Сад
Loading admin actions …

Dis glad nie moeilik om ‘n huis met ‘n swembad hier in Suid-Afrika op te spoor nie – ons lekker klimaat en warm somers maak dat afkoel een van ons gunsteling tydverdrywe is.

Maar as jy al ooit gewonder het of jy in staat is om jou eie swembad in jou agtererf te bou, dan is vandag se artikel net vir jou bedoel. Ons beloer hoe ‘n gewone swembad gebou word deur die professionele span van Hesselbach GMBH in Duitsland. En alhoewel ons nie elke liewe stap insluit nie (daar is heeltemal te veel), behoort hierdie artikel jou ‘n goeie idee te gee van watse werk dit behels om jou eie swembad te bou.

1. Die fondasie word gelê

Einbau eines Stahlwandpools, Hesselbach GmbH Hesselbach GmbH Сад

Dis darem ‘n ruim erf waarmee hierdie bouers werk, wat beteken daardie swembad gaan glad nie klein of beknop wees nie. 

Maar voor ons kan droom van luilekker middae langs die koel waters, word die gat eers gegrawe en die fondasie neergelê.

2. Gelyke oppervlak

Einbau eines Stahlwandpools, Hesselbach GmbH Hesselbach GmbH Сад

Natuurlik moet mens verseker daardie grond oppervlak is so gelyk as moontlik vir die swembad se bodem. En moenie ‘n fout maak nie: dit is harde werk om so swembad self te bou. Dus, as jy nie kans sien om als in te sit nie, kyk eerder na ons lys van professionele (soos bouers, ontwerpers, verwers, ens.) om jou uit te help.

3. ‘n Fraai vorm

Einbau eines Stahlwandpools, Hesselbach GmbH Hesselbach GmbH Сад

Stadig maar seker kan ons sien dat hierdie nie net ‘n gat in die grond is nie – die swembad begin nou vorm kry, danksy die uitleg van die mure.

4. ‘n Proeflopie

Einbau eines Stahlwandpools, Hesselbach GmbH Hesselbach GmbH Сад

Voor die bouery voortgaan, word daar eers besluit om die ontwerp uit te toets – en met so ‘n lieflike bou en heerlike koel water, wie kan hulle nou kwalik neem?

5. ‘n Houtdek

Einbau eines Stahlwandpools, Hesselbach GmbH Hesselbach GmbH Сад

Natuurlik moet sekere elemente ook bygevoeg word om die eindresultaat meer prakties te maak en op te kikker, soos die lekker houtdek wat hulle nou hier neerlê. En alhoewel teëls ook ‘n goeie opsie sou wees, verkies ons die houtdek ontwerp, aangesien dit minder glad is.

6. Uiteindelik klaar!

Einbau eines Stahlwandpools, Hesselbach GmbH Hesselbach GmbH Сад

Daar’s hy! ‘n Droom van ‘n onwerp wat heeltemal onweerstaanbaar is. Saam met die houtdek is die tuin ook bietjie opgetower, asook ‘n paar meubels en dekor stukkies bygevoeg om hierdie agtererf meer soos ‘n paradys te laat lyk. 

Nou kan die somer maar aanbreek! 

Loer bietjie na hierdie 18 briljante doen-dit-self projekte vir jou stoep en tuin en besluit of jy handig genoeg is.

Потрібна допомога з проектом оселi?
Зв'язатися!

Останні статті