​19 perfekte hout kaste om jou te inspireer

Johannes van Graan Johannes van Graan
Vestidores y Closets de Ensueño , Interioriza Interioriza Вбиральня
Loading admin actions …

Gewoonlik wanneer ons aan slaapkamers dink, dink ons aan ‘n bed, tafeltjies, ligte en kaste. Maar hoe gereeld gebeur dit dat daardie kaste meer as genoeg spasie bied vir al daardie klere, skoene en ander bykomstighede? 

Gelukkig is daar ‘n ding soos ‘opsies’, wat beteken maak nie saak hoe klein jou slaapkamer (of enige ander kamer in jou huis) is nie, jy sal definitief die regte kas kan kry in terme van grootte, styl en kleur.

Kom ons bekyk bietjie 19 voorbeelde van hout kaste wat in enige kamer (nie net die slaapkamer) kan pas – dalk kan jy hier ‘n paar idees kry vir jou eie huis?

1. Hoe oop en bloot is hierdie skepping, wat beteken mens hoef nie jou hele kas om te keer opsoek na daardie spesifieke hemp, skoen, kous of watookal jy benodig nie?

Muebles Modulares Espacio al Cuadrado, Espacio al Cuadrado Espacio al Cuadrado Вбиральня

2. ‘n Groot voordeel van hout is dat dit in enige kleur en styl opgetower kan word, soos hierdie donker, moderne skepping bewys.

Cocinas y closet, Softlinedecor Softlinedecor Вбиральня Гардероби та висувні ящики

3. Vir ‘n baie klein vertrek kan skuifdeure perfek uitwerk, aangesien hulle minder spasie gebruik om oop en toe te maak.

K邸 TOTAL PLAN, 株式会社 3rd 株式会社 3rd Вбиральня Гардероби та висувні ящики

4. Inbou kaste wat ‘n hele muur toestaan is natuurlik ‘n droom, maar dan moet mens genoeg spasie in die res van die vertrek hê vir die ander noodsaaklikhede.

Vestidores y Closets de Ensueño , Interioriza Interioriza Вбиральня Зберігання

5. Ons is mal oor hierdie unieke idee, wat laaie en kaste in ‘n “two-tone” ontwerp aanbied.

Casa Pitahayas 64, Zibatá, El Marqués, Querétaro, JF ARQUITECTOS JF ARQUITECTOS Вбиральня Гардероби та висувні ящики

6. Dink jy nie hierdie ontwerp kan perfek vir ‘n kinderkamer werk nie?

Vestidores y Closets de Ensueño , Interioriza Interioriza Вбиральня Зберігання

7. Die voordeel van ‘n losstaande kas is dat jy dit kan rondskuif om jou kamer se spasie (en uitleg) te verander soos jy wil.

homify Вбиральня MDF Гардероби та висувні ящики

8. As spesiaal-gemaakte kaste ‘n moontlikheid is, stel ons dit definitief voor, aangesien die eindresultaat perfek in jou kamer se spasie gaan pas.

9. Hierdie voorbeeld bied ekstra stoorplek bo op die kas aan. Maak net seker jy hou daardie spasie netjies en skoon!

10. Met hierdie unieke rooi ontwerp wat saamsmelt met die hout vloer het mens amper geen ander kleure in die kamer nodig nie.

homify Вбиральня

11. Wat van hierdie skoon styl, wat heel oulike spasies en gaatjies aanbied vir ekstra bykomstighede soos tasse, boeke ens?

P, TAMEN arquitectura TAMEN arquitectura Вбиральня

12. ‘n Inloop kas is nou regtig iets om van te droom – maak net seker jy los genoeg spasie vir ‘n stoel, spieël en om gemaklik rond te beweeg.

13. ‘n Klerekas in die badkamer, alhoewel nie alledaags nie, is nog steeds ‘n blink plan.

Las Palomas, NODO Arquitectura NODO Arquitectura Вбиральня

14. Wat van bietjie helder kleur in jou kas se binnekant?

homify Вбиральня

15. Hierdie “yin yang” styl met sy donker en ligte kleure is ‘n perfekte voorbeeld van hoe om ‘n kas modern en elegant te laat lyk.

homify Вбиральня Мармур

16. Ingeboude kaste wat in die mure is? Dis mos nou hoe jy ekstra spasie optower!

17. Indien jy spasie vir ‘n lekker groot kas het, stel ons voor jy gaan met oop (sonder deure) en toe dele (met deure) vir bietjie verskeidenheid.

Vestidores y Closets de Ensueño , Interioriza Interioriza Вбиральня Зберігання

18. Aangesien hierdie kas sy eie vertrek het, is dit nie juis nodig om al daardie klere agter deure weg te steek nie. Sorg net dat dit netjies bly.

경기도 광주 신혼부부의 15평 전세집 홈스타일링, homelatte homelatte Вбиральня

19. Kyk bietjie hoe sjiek en elegant hierdie ontwerp lyk met sy lyne en monochroom kleure.

Dressing room Studio Mark Ruthven Вбиральня

Потрібна допомога з проектом оселi?
Зв'язатися!

Останні статті