​17 klein tuine wat by enige huis sal pas!

Johannes van Graan Johannes van Graan
homify Сад Дерево Дерев'яні
Loading admin actions …

Ons verstaan heeltemal dat nie almal lekker groot huise en erwe het nie, maar dit is geen verskoning hoekom jou huis nie ‘n greintjie groenigheid kan geniet nie. En ons praat nie nou van een enkele blom in ‘n ou pot nie – dit tel nie.

Hulle sê mos dat tuinmaak een van die beste vorme van terapie is, so waarvoor wag jy? 

Dus, terwyl jy soek na ‘n ander verskoning hoekom jy nie ‘n pragtige tuin tuis het nie, kom ons kyk na 17 wonderlike voorbeelde van klein tuintjies wat in enige spasie (en enige huis) kan werk.

1. ‘n Tuin binne die huis

Stone Courtyard House, Ansari Architects Ansari Architects Сад

Net ‘n klein spasie word benodig om ‘n ingangsportaal of area onder die trappe in ‘n groen en vars plekkie te omskep.

2. ‘n Woestyn tuin

Diseño de Jardín y Andador Padilla, Arqca Arqca Сад

As jy die tipe persoon is wat altyd vergeet om hul tuin nat te lei, dan het ons die oplossing: gebruik kaktusse en vetplante, asook klippe om jou tuin op te tower.

3. Gebruik palmbome

DISEÑO DE JARDÍN VELAZQUEZ, Arqca Arqca Сад

Palmbome is altyd ‘n goeie keuse vir klein tuine, aangesien hul stam nie te dik word nie, en hul groot blare (wat gelukkig hoog groei) ook heerlike koelte kan verskaf.

4. ‘n Mengelmoes

DISEÑO DE JARDÍN VELAZQUEZ, Arqca Arqca Сад

Moenie dat jou tuin jou verveel nie; meng verskillende plante, klippe en kleure om ‘n heel unieke skepping in jou eie agter- (of voor-)tuin te geniet.

5. ‘n Tropiese skepping

‘n Tropiese tuin is ideaal vir ‘n spasie wat jy ontspanned wil laat lyk, veral met moderne huise en/of naby ‘n swembad.

6. Kies jou klippe

Die wonderlike ding van klippe is dat hulle, nes plante en blomme, ook kleur, tekstuur en vorm verskaf – en dan hoef jy hulle nie eers nat te lei nie!

7. Klein maar getryn

Alhoewel hierdie klein skeppingtjie nie veel meer as ‘n meter hoog en breed is nie, bied dit ‘n lieflike kombinasie van plante, gras, klippe en water aan.

8. ‘n Tuin binne in jou tuin

un jardin oriental, BAIRES GREEN MUEBLES BAIRES GREEN MUEBLES Сад

As jy te min spasie in jou tuin het kan jy altyd ‘n tuin binne in jou tuin maak – dis nou klomp klein plantjies bygeplant in ‘n area wat al klaar ‘n paar plante en blomme geniet. 

So, hoe skei jy die twee tuine van mekaar? Deur klippe of blompotte, natuurlik.

9. Perfek vir nou spasies

Projeto de Paisagismo , Greice Peralta Greice Peralta Сад

Een van die vele lekker dinge van tuinmaak is dat jy dit in amper enige spasie kan doen, self nou areas tussen mure op jou stoep. Al wat jy benodig is ‘n paar potte, blomme en plante, asook ‘n slim uitleg.

10. In ‘n hoek gedruk

homify Сад

Selfs die kleinste hoekie kan bietjie kleur en lewe kry deur middel van ‘n paar blomme en plante.

11. ‘n Voetpaadjie

Selfs ‘n ou klein paadjie kan ‘n tuin groter laat lyk – en jy het ‘n wye keuse van verskillende materiale om een te bou, soos klip en hout.

12. Prakties en gesond

​London Kitchen Garden - Small Garden Design by LS+L homify Сад Дерево Дерев'яні kitchen garden,Potager,Town garden,Small garden

Natuurlik is blomme nie jou enigste keuse nie – baie mense leef heel gemaklik van hul groente- en vrugtetuine (wat nie vreeslik groot is nie), so hoekom kan jy nie dieselfde doen nie?

13. ‘n Vertikale tuin

Varanda Higienópolis , HZ Paisagismo HZ Paisagismo Сад

Geen meer vloerspasie nie? Dankie tog vir iets soos vertikale tuine, wat beteken jy kan jou mure gebruik om jou tuinmaak talent te laat groei!

14. Heet hulle welkom

Jou voortuin is die perfekte geleentheid om jou gaste in styl te verwelkom. En soos hier bo gesien, het jy nie baie spasie nodig nie – self ‘n snaakse hoekie kan omskep word in ‘n lieflike ou miniatuur tuintjie.

15. Oppie hoek

Jardinera en escuadra, Vivero Sofia Vivero Sofia Сад

Gepraat van hoeke, jy kan sommer jou ou voorstoep of parkeerplek ook optower met ‘n paar plante en klippe, soos hiér gesien.

16. ‘n Ondergrondse paradys

House Of Curves, Ansari Architects Ansari Architects Сад

‘n Heel unieke idee is om ‘n ondergrondse tuin te ontwerp, net soos Ansari Argitekte gemaak het. Maak net seker jy kry ‘n professioneel om jou te help.

17. ‘n Stylvolle standbeeld

Feng Shui en una vivienda de Premià de Dalt, Cristina Jové Cristina Jové Сад

‘n Standbeeld kan net so lekker aandag trek soos kleurvolle blomme en ‘n fontein – en aangesien hulle beskikbaar is in ‘n verskeidenheid groottes, sal jy definitief die perfekte een vir jou tuinspasie kan vind. 

Gepraat van tuine, kyk bietjie na 16 easy DIY ways to create your dream garden!

Потрібна допомога з проектом оселi?
Зв'язатися!

Останні статті